‘n Kooltjie in ‘n vuur gloei die sterkste as dit naby ander kole is in die vuur. Net so het ons mekaar nodig om ons geloof te verwoord en te versterk. Reis saam met ons deur die belangrike temas van ons Christelike geloof. Hierdie is ‘n dissipelskap hulpmiddel wat deur kleingroepe, gesinne, kategese-groepe of individue gebruik kan word.

Hier is twee bane, die 5 bakens en die 12 artikels, wat elk sekere kernaspekte van ons geloof in die vorm van ‘n Bybelstudie aanbied. Kyk in die kieslys vir meer besonderhede.

Wie kan dit doen?

  • Kleingroepe of Bybelstudiegroepe
  • Tiener-kategesegroepe of jeuggroepe
  • Gesinne (oud en jonk kan saam deelneem)
  • Individue (soek ‘n mentor of geestelike vriend om mee die temas te bespreek en mee saam te bid.)
  • Gemeentes (preek volgens die bane se hoofgroeperings óf individuele temas)

Hoe verloop elkeen van die “dink saam”-gedeeltes?

  • Inleiding – ‘n bondige opsomming van die onderwerp
  • Delf Dieper – ‘n teoloog se samevatting van die onderwerp met nuttige skakels
  • Luister – ‘n verhaal of teks vanuit die Bybel
  • Dink – vrae om oor na te dink en te bespreek na aanleiding van die teks en onderwerp
  • Doen – praktiese voorstelle van hoe die onderwerp geleef kan word
  • Bid – ‘n gebedswenk
  • Tiener fokus – ‘n uitdaging of wenk wat op tieners gemik is
  • Familie fokus – ‘n praktiese voorstel van hoe om in gesinsverband met kinders hierdie tema verder kreatief te ontdek.