‘n Kooltjie in ‘n vuur gloei sterkste as dit naby ander kole is in die vuur. Net so het ons mekaar nodig om ons geloof te verwoord en te versterk. Reis saam met ons deur die belangrike temas van ons Christelike geloof. Hierdie is ‘n dissipelskap hulpmiddel wat deur kleingroepe, gesinne, kategese-groepe of individue gebruik kan word. 25 kerntemas word in die vorm van ‘n Bybelstudie aangebied en die onderwerpe is gegroepeer rondom die 5 bakens van die Gereformeerde tradisie naamlik:

Hoe lank neem dit?

  • 5 weke program – 25 temas oor die loop van 5 weke (1 baken per week, 5 temas per week), of
  • 25 weke program – 25 temas vir 25 weke (een tema per week), of
  • Op jou eie spoed (in enige volgorde)

Wie kan dit doen?

  • Gemeentes (preek volgens die 5 bakens of 25 temas)
  • Kleingroepe of Bybelstudiegroepe
  • Tiener-kategesegroepe of jeuggroepe
  • Gesinne (oud en jonk kan saam deelneem)
  • Individue (soek ‘n mentor of geestelike vriend om mee die temas te bespreek en mee saam te bid.)

Hoe verloop elkeen van die “dink saam” gedeeltes?

  • Inleiding – ‘n bondige opsomming van die onderwerp
  • Delf Dieper – ‘n teoloog se samevatting van die onderwerp met nuttige skakels
  • Luister – ‘n verhaal of teks vanuit die Bybel
  • Dink – vrae om oor na te dink en te bespreek na aanleiding van die teks en onderwerp
  • Doen – praktiese voorstelle van hoe die onderwerp geleef kan word
  • Bid – ‘n gebedswenk
  • Tiener fokus – ‘n uitdaging of wenk wat op tieners gemik is
  • Familie fokus – ‘n praktiese voorstel van hoe om in gesinsverband met kinders hierdie tema verder kreatief te ontdek.

Gaan na die menu vir die bakens (kliek op elkeen van die bakens om nog 5 temas te sien).