Ons Glo – 12 Artikels
Ons glo, saam met Christene regoor die wêreld, in die woorde van die 12 Artikels. Die 20 temas help ons om stadig deur die verskillende artikels te werk en dit bietjie-vir-bietjie deel te maak van ons lewe. Dit help ons om ons geloof in die Drie-Enige God woorde te gee, maar ook om ons oë te oop hou vir hoe ons eie stories deel word van God se storie deur die eeue en die storie van die toekoms. Gebruik dit as ‘n 20-dae reis of ‘n 20-week program vir jou gemeente, groepe, eie stiltetyd of huisgeloof.