You are currently viewing 3. Ek Glo in God die Vader

3. Ek Glo in God die Vader

Wanneer ons bely dat ons in God die Vader glo, bely ons egter nie dat God ‘n man is of dat God soos ‘n aardse pa optree nie. God is meer as dit, God is die versorger van die weeskinders en weduwees en die Een wat vreemdelinge in God se familie verwelkom.

Vertel:

  • Wat beteken die woord “ouer” vir jou?
  • Wie in jou lewe tree vir jou soos ‘n ouer op?

Luister: Matteus 7:7-12

7“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

9“Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy brood vra, 10of ‘n slang as hy vis vra? 11As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

12“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

Dink:

  • Wat is dit wat jy die graagste van God wil hê?
  • Wat dink jy is dit wat God die graagste vir jou wil hê?
  • Dink jy daar is ‘n verskil in dit wat jy vir jouself wil hê en dit wat God vir jou wil hê dikwels van mekaar? Hoekom dink jy so?

Doen:

  • Sorg hierdie week vir iemand soos ‘n ouer vir ‘n kind sorg. Maak vir iemand ‘n ete, gaan kuier by iemand wat sorg nodig het, stuur ‘n boodskap vir iemand wat troos nodig het

Bid:

  • Bid die “Ons Vader”-gebed maar voel vry hom hierdie titel te verander as jy wil.

Tiener-fokus:

  • Doen moeite om hierdie week dankie te se vir die versorgers in jou lewe en soek ‘n geleentheid waar jy met iemand anders die versorging wat jy ontvang kan deel.

Familie-fokus:

  • Teken julle familie stamboom om te sien hoe God mans en vrouens gebruik het in julle geskiedenis.